Man Van Staal

My huis staan sterk
Want jy't my mure reg gebou
Deur Hom jy werk
Al het ons padkaart soms gevou
Met oë toe kan ek nou in die lewe veg
Ek sal nie val, ek's geleer wat is reg

Jy ken die pad
Want jy't hom self al geloop
Ek volg jou spoor
En sien die lewe weer met so veel hoop
Jy hou my vas want dis mos wat 'n pa moet doen
Maar jy gee meer,
Die gras is aan altwee kante groen

Al ruil berg en dal bly jy 'n man van staal
Wat hierdie wêreld staande hou
Al word die paaie nou breek yster nie gou
Ek staan by jou en ek kyk op
Na 'n man van staal
'N Man van staal
Na 'n man van staal
'N Man van staal

Al staan jy sterk weet ek dat hartseer ook verskyn
Maar ek's nog hier en veg vir jou deur al jou pyn
Ek hoop jy weet dat ek jou oorlog ook graag sal dra
Jy gee meer sonder dat ek daarvoor vra

Al ruil berg en dal bly jy 'n man van staal
Wat hierdie wêreld staande hou
Al word die paaie nou breek yster nie gou
Ek staan by jou en ek kyk op
Na 'n man van staal
'N Man van staal
Na 'n man van staal
'N Man van staal

Al ruil berg en dal
Jy bly my man van staal
Ek staan by my man van staal

Al ruil berg en dal bly jy 'n man van staal
Wat hierdie wêreld staande hou
Al word die paaie nou breek yster nie gou
Ek staan by jou en ek kyk op
Na 'n man van staal
'N Man van staal
Na 'n man van staal
'N Man van staal

Al ruil berg en dal bly jy 'n man van staal
Wat hierdie wêreld staande hou
Al word die paaie nou breek yster nie gou



Credits
Writer(s): Emil Paul
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link