Dankie

Ek het probeer uitwerk
Maar dis onmoontlik
Honderd duisend kilos tussen die skool, die veld en die kerk
Ek sweer jy is brawer as meeste mense
Jy het so veel wense vir my waar laat word

Een keer 'n jaar is nie genoeg nie
Ek weet ek moet meer gereeld net bel en dankie se
Vandag dank ek die Here vir my lewe
Wat Hy gegee het, wat jy gegee het

Dankie vir al die duisende dinge
Vandag wil ek 'n glasie op jou menswees klink
Vir elke keer se lief vir jou my kind
Ek weet jy het al nagte vir my omgele en bid

Jy is my klankbord al vir hoeveel jare
Altyd slaggereed om harde vrae te vra
En as ek gaan stilstaan en my oë toemaak
Onthou ek jou raad
Jy moet vir my inpraat

Dankie vir al die duisende dinge
Vandag wil ek 'n glasie op jou menswees klink
Vir elke keer se lief vir jou my kind
Ek weet jy het al nagte vir my omgele en bid

Jy het my leer dink aan al die mense
Spesifiek aan die wie minder as ons het
Om te dink daar was jare waar ons min gepraat het
Ek moes 'n plan gemaak het
Ek wil dit net sê

Dankie vir al die duisende dinge
Vandag wil ek 'n glasie op jou menswees klink
Vir elke keer se lief vir jou my kind
Ek weet jy het al nagte vir my omgele en bid

Dankie vir al die duisende dinge
Vandag wil ek 'n glasie op jou menswees klink
Vir elke keer se lief vir jou my kind
Ek weet jy het al nagte vir my omgelê en bid

Jy is 'n rots
Jys 'n anker



Credits
Writer(s): Herman Kleinhans,
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link