Boer is 'n Bok (feat. Ricus Nel)

Ou Ricky is gebore daar in Rustenburg
Tussen boere en myners het hy vure geblus
Die pompie gekap tot almal dans
Tot die hele dorp drink uit een glas

Apie is 'n man van Brits, North West
Op die Thabazimbi pad, skrop hy nes
By Beestekraal stasie hoor hy praat
Hoe die boere vanaand dorp toe gaan
Want, 'n boer is 'n bok, en 'n bok is 'n bliksem
Daar waar dit rof is, sal hy kop eerste inspring
Taaier as 'n ratel, eet net pap en vleis
Kake so sterk, kan deur 'n dropper byt
As die liggies die boere na die dorp toe roep
Dan kom die nonnas uit vir huisbesoek
Dit lyk soos iets uit 'n cowboy fliek
"Apie, hou my dop, "check" hierrie trick"

Op die myn het hy gedraf, tot die byle huil
Sy "toolkas" was gepak, en sy hanne vuil
In die pubs het hy gesing tot die "graveyard shift"
Sy Poegie was gesteel, so hy vang maar"lift"
Die karpe het geloop langs die rivier
Mampoer het hy gestook, want wyn was duur
Hy maak sy broek met 'n geelslang vas
Pak alles wat hy het in 'n ou skooltas

Want, 'n boer is 'n bok, en 'n bok is 'n bliksem
Daar waar dit rof is, sal hy kop eerste inspring
Taaier as 'n ratel, eet net pap en vleis
Kake so sterk, kan deur 'n dropper byt
As die liggies die boere na die dorp toe roep
Dan kom die nonnas uit vir huisbesoek
Dit lyk soos iets uit 'n cowboy fliek
"Apie, hou my dop, "check" hierrie trick"

Want, 'n boer is 'n bok, en 'n bok is 'n bliksem
Daar waar dit rof is, sal hy kop eerste inspring
Taaier as 'n ratel, eet net pap en vleis
Kake so sterk, kan deur 'n dropper byt
As die liggies die boere na die dorp toe roep
Dan kom die nonnas uit vir huisbesoek
Dit lyk soos iets uit 'n cowboy fliek
"Apie, hou my dop, "check" hierrie trick"

Want, 'n boer is 'n bok, en 'n bok is 'n bliksem



Credits
Writer(s): Christoph Kotze, Sally Kotze, Ricus Nel
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link