Vergewe My As Ek

Die koue hand van my naaste
Onbewus neem hul weg van my laaste
Hoop jy sal verstaan as ek terug staan en kyk
hoe jy my ontleed vir die waarheid

Op die oog af lyk als dalk verlore
Hoor jy die hoopvolle valsheid in woorde
Maar daar's baie wat ek moet leer

Ek knyp my oë toe want jou lig maak my seer

Weet jy hoe helder jou lig deur my skyn
Die donker in vrees agterlaat
En vra jy my hoekom blameer ek die pyn
Jou woorde lê vlak as jy praat
So ek skuil agter 'n glimlag
Soos ek wag vir net nog 'n dag
So vergewe my as ek bly lê
Tot die son opkom

In my donker val ek neer by jou voete
Op my knieë vind ek hoop in jou woorde
Ek sal verstaan as jy terug staan en kyk
Ek weet ek sal oorleef dis die waarheid
Jou waarheid is sterk maar jou leuens maak ook seer.

Weet jy hoe helder jou lig deur my skyn
Die donker in vrees agterlaat
En vra jy my hoekom blameer ek die pyn
Jou woorde lê vlak as jy praat
So ek skuil agter 'n glimlag
Soos ek wag vir net nog 'n dag
So vergewe my as ek bly lê

Weet jy hoe helder jou lig deur my skyn
Die donker in vrees agterlaat
En vra jy my hoekom blameer ek die pyn
Jou woorde lê vlak as jy praat
So ek skuil agter 'n glimlag
Soos ek wag vir net nog 'n dag
So vergewe my as ek bly lê
So vergewe my as ek bly lê
vergewe my as ek bly lê
Tot die son opkom



Credits
Writer(s): Gerduan Kemp, Petrus Van Wyk
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link