Glaskastele

Konings en prinse
Gooi maar die klippe,
So sonder vrees
Met mure om hulself gebou.

Met die geraamtes in die kas
Geen feëverhaal meer fiksie
In die donker glaskastele.

Opsoek na die perfekte wêreld
Waar skoonheid vergaan
En valsheid nie bly staan.

In groot paleise
Met mag en roem,
Word die toneel gespeel
Alles weer in twee gedeel.

Met al die rykdom oopgevleg
Geen feëverhaal meer fiksie
In die donker glaskastele

Opsoek na die perfekte wêreld
Waar skoonheid vergaan
En valsheid nie bly staan!



Credits
Writer(s): Ewald Jansen Van Rensburg, Benjamin De Jager, Jakobus Albertus Meyer, Dewald Phillip Pieters, Francios De Klerk
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link