Kwart Oor Vyf

Voel jy nog vir my wat jy nie sê
Was ek nie die een wat jy wou hê
Alles wat ons was is nou verby
Wens jy was nog by my
Jy weet ek sou jou altyd veilig hou
Maar waar is jy nou
Voel my hart voel rou
En dis net oor jou

Kwart oor vyf dit was te laat gewees
Kwart oor vyf ek wens jy was nog myne
Sê vir my was dit nog seer gewees
Toe jy vir hom sê jys nou syne

Die deure van die kerk was reeds gesluit
So hou n mens die ongenooides uit
Daar was soveel wat ek vir jou wou vra
Wie't jou so verander
Dat jy nie meer jouself eers kon herken
Sê my wie't gewen
Het jou hart geen rem
Hoor jy nie my stem

Kwart oor vyf dit was te laat gewees
Kwart oor vyf ek wens jy was nog myne
Sê vir my was dit nog seer gewees
Toe jy vir hom sê jys nou syne

Hoe maak ek reg
Dit wat my hart wil hê
Hoe kry ek jou
Om weer by my te lê

Kwart oor vyf dit was te laat gewees
Kwart oor vyf ek wens jy was nog myne
Sê vir my was dit nog seer gewees
Toe jy vir hom sê jys nou syne

Kwart oor vyf dit was te laat gewees
Kwart oor vyf ek wens jy was nog myne
Sê vir my was dit nog seer gewees
Toe jy vir hom sê jys nou syne

Toe jy vir hom sê jys nou syne



Credits
Writer(s): Eden
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link