Loftus Versfeld

Lynwoodweg nommer een
Daar het die seun skool gegaan
Sy lewe reeds beplan
Die leerlingraad
Die eerste span
En elke week op Saterdag
Van elke herfs en Wintermaan
Was daar 'n held
Op Loftus Versfeld

'n Klipgooi vêr
Net oorkant die spoor
By die UP vir CHNO
Ook baie mooi presteer
In die keiser se regte gegradeuer
En vir Noord Transvaal rugby gespeel
Maar vir bitter min geld
Op Loftus Versfeld

Kyk hoe loop die jare nou
Die ooskerk slaan een tot tien
Nou staan hy langs die veld
En sy seun speel onder 19
Dalk word hy ook 'n held
Op Loftus Versfeld

Daar's 'n ou man wat rugby kyk en whisky drink
In die losie van 'n vriend
Hy weet dit nog nie, maar swart kraai
Sit op die muur
Soos dit begin het
So eindig dit net hier
Die heelal is die arena
En die son is ovaal
En die coach
Kom jou nou haal
Maar môre
Is daar weer 'n held
Op Loftus Versfeld

Elke week op Saterdag
Van elke herfs en Wintermaan
Was daar 'n held
Op Loftus Versfeld



Credits
Writer(s): J P Botha
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link