Allesverloren
Die winter woon nou in jou hart
Agter 'n koue klipmuur
Die trein wat jy op ry
Gaan by Allesverloren verby
Ek wonder wie sal vir jou wag
Op die stasie by Nooitgedacht
Uit die Groot Marico het sy gery
Na Johannesburg, om werk te kry
Maar dis 'n towerspel en heksery
En gou het sy besef
Enige man was soos klei
In haar hand
Daar's 'n trein wat vir jou wag
Johannesburg stasie
Skuins na agt
Gaan terug na die niks en die nêrens
En daar moet jy bly
Vergeet van alles en vergeet van my
Twee broers het stry gekry
Oor die feeks wat so onskuldig lyk
Maar agter die masker
Agter die skyn
Was dit slangdans
En gif berei
Toe is dit moord en selfmoord
En nou die derde man
Is die een wat vir jou skryf
Die koerante en die Huisgenoot het 'n fees gehad
Veral oor die rok
Ja jou rooi rok lê nou nog op die vloer
Die trein wat jy op ry
Gaan by Allesverloren verby
Ek wonder wie sal vir jou wag
Op die stasie by Nooitgedacht
Agter 'n koue klipmuur
Die trein wat jy op ry
Gaan by Allesverloren verby
Ek wonder wie sal vir jou wag
Op die stasie by Nooitgedacht
Uit die Groot Marico het sy gery
Na Johannesburg, om werk te kry
Maar dis 'n towerspel en heksery
En gou het sy besef
Enige man was soos klei
In haar hand
Daar's 'n trein wat vir jou wag
Johannesburg stasie
Skuins na agt
Gaan terug na die niks en die nêrens
En daar moet jy bly
Vergeet van alles en vergeet van my
Twee broers het stry gekry
Oor die feeks wat so onskuldig lyk
Maar agter die masker
Agter die skyn
Was dit slangdans
En gif berei
Toe is dit moord en selfmoord
En nou die derde man
Is die een wat vir jou skryf
Die koerante en die Huisgenoot het 'n fees gehad
Veral oor die rok
Ja jou rooi rok lê nou nog op die vloer
Die trein wat jy op ry
Gaan by Allesverloren verby
Ek wonder wie sal vir jou wag
Op die stasie by Nooitgedacht
Credits
Writer(s): J P Botha
Lyrics powered by www.musixmatch.com
Link
© 2024 All rights reserved. Rockol.com S.r.l. Website image policy
Rockol
- Rockol only uses images and photos made available for promotional purposes (“for press use”) by record companies, artist managements and p.r. agencies.
- Said images are used to exert a right to report and a finality of the criticism, in a degraded mode compliant to copyright laws, and exclusively inclosed in our own informative content.
- Only non-exclusive images addressed to newspaper use and, in general, copyright-free are accepted.
- Live photos are published when licensed by photographers whose copyright is quoted.
- Rockol is available to pay the right holder a fair fee should a published image’s author be unknown at the time of publishing.
Feedback
Please immediately report the presence of images possibly not compliant with the above cases so as to quickly verify an improper use: where confirmed, we would immediately proceed to their removal.