Royal Hotel (Live)

hier sit die manne in die royal hotel
ek ken mos vir almal ek is almal se pel
luister ou vriend daar agter die bar
hoe lyk 'it met nog so 'n doppie daar

ken julle vir duppie sy bynaam is dop
hy't vir die springbokke doel geskop
'n leë bierblik kan hy maklik platdruk
met net een hou teen sy groot voorkop

nou stel ek voor my ou vriend fanie
daar's niks te wêreld wat ou fanie pla nie
ontmoet hom in die straat en sê: hoe gaan 'it ou maat?
sê fanie: nee kannie kla nie
hier sit die manne in die royal hotel
ek ken mos vir almal ek is almal se pel
luister ou vriend daar agter die bar
hoe lyk 'it met nog so 'n doppie daar

en hier sit die speurder sersant de kok
hy drink sy whiskey so on the rocks
'n koel komkommer ons noem hom op sy nommer
hy's double-o double-o seven de kok
hier sit die manne
hier sit die manne
hier sit die manne
hier sit die manne in die royal hotel
ek ken mos vir almal ek is almal se pel
luister ou vriend daar agter die bar
hoe lyk 'it met nog so 'n doppie daar

van die noordweste kom karel bester
dra kortmou hemp en 'n khakibroek
lank terug gebore hare kort om sy ore
hy's lief om te lag en lief om te vloek
maar hier langs die till sit 'n man so stil
daar's trane in sy oë
hy sê hy's die baas van 'n bankrot plaas
daar ver in die klein karoo

maar dis lekker dis lekker dis tog te lekker hier
musiek op die draadloos skuim op die bier
luister ou vriend daar agter die bar
hoe lyk dit met nog so 'n doppie daar?
hier sit die manne
hier sit die manne
hier sit die manne
hier sit die manne
hier sit die manne
in die royal hotel



Credits
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link