Saamstaanliedjie

Ons land is 'n mengelmoes van kleur
Bruin en wit, swart en geel
Ons staan as 'n nasie in ons fleur
Gee my jou hand en kom ons deel

Kom ons maak ons koppe oop
En voel hoe ons bure se skoene loop
Kom ons laat ons harte praat
Ek sê jou wat: volg my raad

Hey man, kom staan hier by my, man
Kom ons los al ons klein verskilletjies nou eenkant, ja en
Hey man, als is OK, man
Ons het so baie in gemeen, laat ons nou hande vat, ja

In 1994 was die wêreld stom
Almal wou vlug vir die storm wat kom
Maar Madiba het die gees gelei
Almal gelyk, ons is almal vry

Nou het ons die gulde kans
Sal ons as 'n nasie saam kan dans?
Nou's die tyd vir groot jolyt
Ek sê jou wat: kapityt!

Hey man, kom staan hier by my, man
Kom ons los al ons klein verskilletjies nou eenkant, ja en
Hey man, als is OK, man
Ons het so baie in gemeen, laat ons nou hande vat, ja

Soms is die stormwolke swaar
As die donder en blits nie wil bedaar nie
Die petrol styg, die rand val
Die kinders huil en die kos is nie gaar nie

Soms wil 'n mens die handdoek en die eend ingooi
Stap dan na jou buurman om hom uit te nooi

Hey man, kom staan hier by my, man
Kom ons los al ons klein verskilletjies nou eenkant, ja en
Hey man, als is OK, man
Ons het so baie in gemeen, laat ons nou hande vat, ja

Hey man, kom staan hier by my, man
Kom ons los al ons klein verskilletjies nou eenkant, ja en
Hey man, als is OK, man
Ons het so baie in gemeen, laat ons nou hande vat, ja

Hey man, kom staan hier by my, man
Kom ons los al ons klein verskilletjies nou eenkant, ja en
Hey man, als is OK, man
Ons het so baie in gemeen, laat ons nou hande vat, ja



Credits
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link