Sproetjies

Daars 'n park in my tuisdorp ver weg van die stad se lawaai.
Waar die kinders na skool in die middae kom speel en baljaar.
En eendag sien ek n klein dogtertjie eenkant alleen
met traantjies wat rol oor haar sproet gesiggie heen
en ek sê Sproeitjies
liefling
daars n reenboog in jou oë
wil jy graag n groot geheim hoor.
almal wil graag soos jy wees
Want jy's pragtig,
lieflik en sy druk saggies my hand en
sê ek wens ek kon my deur jou oë sien
Al die somers en winters is nou reeds
al so lank al verby en die glimlag van
jonk wees verberg soms 'n ou hartseer pyn
en eendag sien ek sproeitjies weer en my oe staar verdwaas.
Want die lelike eendjie verander in die mooiste swaan.
En ek sê sproetjies,
jy's pragtig en sy druk saggies my hand
en sê ek wens ek kon my deur jou oë sien.
Ek gaan by die skouburg een aand na 'n opvoering kyk.
En daar dans 'n meisie wat net soos 'n feeprinses lyk.
Met 'n glimlag so stralend vergroet sy die hele gehoor.
Ek sien toe dis sproetjies wat harte so bekoor.
En ek sê sproetjies, liefling
Daars 'n rëenboog in jou oë
Onthou jy nog die parkie en die trane in jou oë
Sproetjies jy's pragtig en ek hou haar teen my vas.
Sy sê ek wens ek kon my deur jou oë sien
Ek wens ek kon my deur jou oë sien...



Credits
Writer(s): Sterling Whipple
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link