Stop, wag, bly nog 'n Bietjie

Jou hare bruin jou oë so blou
Ek hou van blou
Ek hou van jou
Skielik maak my wêreld sin
Jy pas so mooi daar binne-in

Nie dat ek dit so beplan nie
Ek wil nie sonder jou aangaan nie
Geen woorde wat jou kan beskryf
Jou lag, jou hart, perfekte lyf

Mooier as die horison
Ek is verlief en dis hoekom
Van nou af kan jy met my toor
Ek het klaar my hart by jou verloor
Ek wens die tyd wil nou stilstaan

Stop, wag, bly nog 'n bietjie
Stywer vas wil ek jou langer hou
Sal jy wag vir my, kyk na my, by my bly
Stop, wag, bly nog 'n bietjie
Jy't al klaar my hart gesteel vir jou
Sal jy wag vir my, kyk na my, by my bly
Dis so maklik om jou lief te hê

Jou stem is sag, jou lippe rooi
Ek hou van rooi
En jy's so mooi
Daar's niks wat met jou vergelyk
Ek kan nie ophou vir jou kyk
Dis nie dat ek hieroor wil kla nie
Maar ek het nie hiervoor gevra nie.

Ek wens die tyd wil nou stilstaan

Ag skuif tog net so bietjie nader
Jy weet eks mal oor jou
En ek sal jou vir altyd lief kan hê



Credits
Writer(s): Niel Schoombie, Brendan Peyper
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link