Langpadmens

Ek wens ek kon elke oomblik toedraai
En bêre vir more
In lewende lyf
Elke dag ons droome vir mekaar beskryf

Ek weet jou hart het nodig om af te koel
Maar dit keer nie die trane
Wat oor my wange spoel

Want jy is 'n langpadmens vir my
Ek loop 'n langpad vir mense soos jy
Want jy is langpadmens vir my

En hierdie water sal 'n brug moet kry
Want hierdie paaie mag nooit skei nie
En die spore nooit verdwyn nie
Want hierdie langpadmens kom net eenmaal In 'n leeftyd verby

Ek wens ek kon die tyd weer terug draai
Maar dit beter gebruik

Want hierdie hart is nog te seer
Nog te veel wat hy moet leer
Voor die groot afskeid

Ek weet jou hart het nodig om af te koel
Maar dit keer nie die trane
Wat oor my wange spoel



Credits
Writer(s): Roux Cloete
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link