Maggie

Ek stap weer vandag deur die veld, Maggie
Om net te kan droom van jou
Die stroom vloei nog sterk soos ons liefde, Maggie
Dit was so in dae van ouds

Die voëls se gesang is nou stil, Maggie
Hul draai in die hemel so blou
Die blomme verwelk sonder reën, Maggie
Soos ek sonder liefde van jou

Ja ek is alleen nou en oud, Maggie
My pas is veel stadigger nou
My hare is silwer, nie goud, Maggie
Maar steeds dink ek altyd aan jou

Ek weet daardie tyd is verby Maggie
En nooit sal dit weer so kan wees
Maar vir my is jy hier aan my sy, Maggie
Soos jare lank reeds verby

Ek weet daardie tyd is verby, Maggie
En nooit sal dit weer so kan wees
Maar vir my is jy hier aan my sy, Maggie
Soos jare lank reeds verby
Soos jare lank reeds verby



Credits
Writer(s): Eric L Saitz
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link