Huisie In Die Bos

Smag na rus en vrede, gee my lewe rede
As ek kyk in jou oë, wil ek in drome kan glo
En as die stad my los en my niks sal kos nie
Soek ek 'n huisie in die bos

Ek loop n tweespoor pad saam met jou in my hart
Lei my na dorre lande met eerlike hande
En ek wil saam jou ruik en ek wil saam jou kyk
Ek's weer tuis in my huisie in die bos

Ons almal wil n huisie in die bos hê
(Waar jy my kan vind)
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê
(In die sand soos 'n kind)
Ek wil hier 'n huis in die bos hê
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê
Waar jy my kan vind

Sit en luister jou klanke, soek die son teen die rante
Waar vriende kom sit, wat saam vir reën kan bid
Sal ons paaie weer kruis en my siel vind sy huis
Ek sal altyd my hart hier los

Ons almal wil n huisie in die bos hê
(Waar jy my kan vind)
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê
(In die sand soos 'n kind)
Ek wil hier 'n huis in die bos hê
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê
Waar jy my kan vind

Jy's die sout as ek dors is
Die servet as ek mors
Jy's die reuk in my hare van droëhout se jare
Gooi jou water in damme, gooi my toe in jou vlamme
Ek sal altyd my hart hier los

Ons almal wil n huisie in die bos hê
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê
Ek wil hier 'n huis in die bos hê
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê
Waar jy my kan vind

Ons almal wil n huisie in die bos hê
(Waar jy my kan vind)
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê
(In die sand soos 'n kind)
Ek wil hier 'n huis in die bos hê
Ons almal wil 'n huisie in die bos hê
Waar jy my kan vind



Credits
Writer(s): Juan Boucher,, Jan Rhaap,
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link