Mia

Agter 'n stuurwiel tel ek straatligte; pedale plat oppad na jou
Ek gorrel woorde in my kop rond, dink aan stories wat ek weet jy van sal hou
Die horlosie sê dis laat, maar wat is tyd as twee harte moet praat
So maak die deur oop en nooi my in met daai glimlag wat my siel so raak
En sê my

Wie is hy en wat het hy wat ek nie het
Was dit ek of was dit net jy wat wou klim in 'n bed sonder my

Mia, waar was jy
Ek sal wag, reg deur die nag agter jou aanry
Mia, waar was jy
Vertel jou stories wat ek nie glo nie
Sal 'n antwoord kry

Agter op jou stoep staan ons en sing; dit klink op noot
En jou stem klink bekend, maar die mens agter dit is dood
En jou honde blaf soos mense wat ons voorsê en als wil leer
Maar waar is hulle nou terwyl ons huil saam die mense wat seer het

Wie is hy en wat het hy wat ek nie het
Was dit ek of was dit net jy wat wou klim in 'n bed sonder my

Mia, waar was jy
Ek sal wag, reg deur die nag agter jou aanry
Mia, waar was jy
Vertel jou stories wat ek nie glo nie
Sal 'n antwoord kry al maak dit seer diep binne my



Credits
Writer(s): Kirsten Schlebusch
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link