Hester Charlotte Goosen
Hester Charlotte Goosen is gebore in die Transvaal
Met die gesig van 'n engel en oë om in te verdwaal
Die jongste van tien kinders, haar pa se lieflingkind
Op 'n Vrydag in September het sy gedans met die wind
In die '60s is sy stad toe, die liggies het gewink
Jim Reeves en Elvis Presley het in stereo weerklink
Toe lenige Frans haar uitvra, toe sê sy saggies, "Ja"
Op 'n Vrydag in September het sy gedans met my pa
My sussie is gebore, pragtig soos haar ma
Dieselfde donker oë, dieselfde mooi gelaat
Ná nege bitter maande het 'n bondeltjie verskyn
Op 'n Vrydag in September, toe dans my ma met my
Die jare was maar opdraand, en steiler by die dag
Al hoe minder vreugde, al hoe minder lag
"Ek is lief vir jou," het sy sag gesê, en van haar liggaam weggevlug
Op 'n Vrydag in September het sy gedans in die Lig

Credits
Lyrics powered by www.musixmatch.com
Link
© 2025 All rights reserved. Rockol.com S.r.l. Website image policy
Rockol
- Rockol only uses images and photos made available for promotional purposes (“for press use”) by record companies, artist managements and p.r. agencies.
- Said images are used to exert a right to report and a finality of the criticism, in a degraded mode compliant to copyright laws, and exclusively inclosed in our own informative content.
- Only non-exclusive images addressed to newspaper use and, in general, copyright-free are accepted.
- Live photos are published when licensed by photographers whose copyright is quoted.
- Rockol is available to pay the right holder a fair fee should a published image’s author be unknown at the time of publishing.
Feedback
Please immediately report the presence of images possibly not compliant with the above cases so as to quickly verify an improper use: where confirmed, we would immediately proceed to their removal.