Die Heel Eerste Tree

Jy was jaar na jaar daar vir my
En skielik is jy weg
Die dood se rede uitgespel
Jy het ophou veg

Maar iets in my het saam met jou gesterwe
Soos 'n legkaart moet ek 'n stuk van my weer kry

Jy sal vind, my hart se punt
Ek is nog by jou
Tel die stukke een-een op
Begin jou lewe bou

Die uurglas sal altyd leegloop
Wanneer jy dit die minste verwag
'n Dief in die nag

Maar daar is hoop in elke sonstraal
Laat die liefde in jou neerdaal
Sien die wonderlike werke
Engele sonder vlerke
Om jou trane af te vee

Pak die bul by die horings
Oppas vir die dorings
Die lewe wil geleef word
Drome nagestreef word
Jy, net jy kan dit gee
Die heel eerste tree

Nou loop ek die onbekende in
Jou woorde wat my dra
As ek struikel, val en oorbegin
Jy is altyd daar

Ek het gedink dis die einde
Maar nou sien ek die lewe het skaars begin oorwin

Maar daar is hoop in elke sonstraal
Laat die liefde in jou neerdaal
Sien die wonderlike werke
Engele sonder vlerke
Om jou trane af te vee

Pak die bul by die horings
Oppas vir die dorings
Die lewe wil geleef word
Drome nagestreef word
Jy, net jy kan dit gee
Die heel eerste tree

Maar daar is hoop in elke sonstraal
Laat die liefde in jou neerdaal
Sien die wonderlike werke
Engele sonder vlerke
Om jou trane af te vee

Pak die bul by die horings
Oppas vir die dorings
Die lewe wil geleef word
Drome nagestreef word
Jy, net jy kan dit gee
Die heel eerste tree
Die heel eerste tree
Die heel eerste tree
Die heel eerste tree
Die heel eerste tree



Credits
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link