Keeza

Wolke op die horison en ek weet
Hier kom die wind wat my droogte gaan breek
En daar is donderweer elke keer
As sy in stilte arriveer

Sy's sag maar sy trek oorals in
Die fynste reën waar my lewe begin
En kyk wat gebeur met al my seer
As sy in stilte arriveer

Keeza jy
Verraai my as ek vra jy moet bly
Ek probeer die droogte weghou vir nou vir jou
Ja wel seisoen soos keeza
Maar keeza niemand soen soos jy

Laas somer laas gesien
Elke kleur tien keer mooier as die vorige keer
En jy bly by my tot die wind jou kom haal

Keeza jy
Verraai my as ek vra jy moet bly
Ek probeer die droogte weghou vir nou vir jou
Ja wel seisoen soos keeza
Maar keeza niemand soen soos jy

Sal eendag nog by my bly
Die seisoen wat ek kan hou vir my
Al is die ure kort en die wag so lank
Sal ek vashou tot jy land

Keeza jy
Verraai my as ek vra jy moet bly
Ek probeer die droogte weghou vir nou vir jou
Ja wel seisoen soos keeza
Maar keeza niemand soen soos jy

Verraai my as ek vra jy moet bly
Ek probeer die droogte weghou vir nou vir jou
Ja wel seisoen soos keeza
Maar keeza niemand soen soos jy



Credits
Writer(s): Riaan Benade
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link