Jy Is Genoeg

Soet suiwer leuens
Maak dat ons leen
Die beste bymekaar
Vir die donkerste doel

Wie sal ons seën
Met die fenomeen
Om net die waarheid te praat
En te sê hoe ons voel

Want ons is altwee daar
Staar net na mekaar
En ons harte is so seer vasgehou

Jy is genoeg vir my
En ek was genoeg vir jou
So ons kan bou aan wat ons is
Of breek waaraan ons bou

Sout op die sweer
Wil ons nie leer nie
Jou hande afgekap
En my mond is geseel

Ek voel 'n veer
En jy dra 'n leer
Handsak vol van kwaad
En die spanning is te veel

Want ons is altwee daar
Staar net na mekaar
En ons harte is so seer vasgehou

Jy is genoeg vir my
En ek was genoeg vir jou
So ons kan bou aan wat ons is
Of breek waaraan ons bou

Ja ons het ons foute
En ja dit lyk so hopeloos
Maar ek onthou ons beste
En ek weet

Jy is genoeg vir my
En ek was genoeg vir jou
So ons kan bou aan wat ons is
Of breek waaraan ons bou

Woah doo – doo – doo
Vir my
Jy is genoeg vir my



Credits
Writer(s): Arnold Coleske, Riaan Benade
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link