Eerste Keer

Hoe kon ek weet
Dat vandag die dag die dag sou wees
Dat ek die een ontmoet
Wat my hart al lankal sê
Is die een wat ekke soek

Dit als het begin
By 'n facebook vriendin
Toe by vensters gesien
Net dan en daar geweet
Ek gee jou 'n tien uit tien

Ek hoop ek sal altyd onthou,
Wat ek nou in my hart hou
Hierdie...

Eerste keer wat jy my crazy maak
Ek glimlag sonder dat ek terug wil hou
Ek borrel oor as jou hand myne raak
En aan die oomblik klou

Eerste keer wat iemand saam my lag
So spontaan ons kan vir ure aanhou praat
Jy like my en dra my op jou hande
Laat die eerste keer, nooit die laaste raak

Nou dat ek weet
Ons het iets mooi hier beet
Wil ek hê dit moet so bly
Verliefdheid kom en gaan
Maar liefde maak jou werklik vry
Ek hoop ek sal altyd onthou,
Wat ek nou in my hart hou
Hierdie...

Eerste keer wat jy my crazy maak
Ek glimlag sonder dat ek terug wil hou
Ek borrel oor as jou hand myne raak
En aan die oomblik klou



Credits
Writer(s): Lindi Erasmus
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link