Lente

Selektiewe empatie
Ek soek vir liefde op 'n plastic screen
Tyd stap aan en ek staan stil
Deesdae sien ek als in monochrome

Is dit oukei as ek jou myne noem?
Kan jy die lente in die lug voel?

Die berg is aan die brand
Die aand ruik soos roet en as
Die donker hou nie lank nie
Maar hierdie bos wil nie ophou brand nie

Is dit oukei as ek jou myne noem?
Kan jy die lente in die lug voel?
Somer is om die draai
Jy het dit gemaak
Ons het survive

Ons kan opstyg waar ons staan
Ontmoet my op die maan
Vergeet van alles wat jou pla
Jy kan op my skouers staan

Is dit oukei as ek jou myne noem?
Kan jy die lente in die lug voel?
Somer is om die draai
Jy het dit gemaak
Ons het survive



Credits
Writer(s): Kobus Erasmus
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link