Woorde Vir Die Void

Deesdae voel alles so vreemd
Onlangs is dit moeilik om myself te wees
Ek kort 'n leap of faith, maar ek het hoogtevrees
Wat jy mis is lankal verby
Ons het ons vervaldatum oorskry
Jy se jy het oorgenoeg gehad van my

Jy sal nooit verstaan nie
Wat in my kop aan gaan nie
En dalk is dit selfsugtig, maar ek gee nie meer regtig om nie

Hou my vas soos water in jou hande
As ons baklei glip ek weg
O, dis so 'n skande
Wat anders het jy verwag van my
Jy is desperaat vir iets om aan te klou
Jy soek net iemand wat sal vashou
Maar ek het oorgenoeg gehad van jou

Daar is woorde in my mond
Ek knip ons storie kort
Daar is iets wat ek wil se
Maar dit is woorde vir die void

Jy sal nooit verstaan nie
Wat in my kop aangaan nie
En dalk is dit selfsugtig, maar ek gee nie meer regtig om nie
En ek dink nie dis snaaks nie
Dat ons mekaar nie meer verstaan nie
En dalk is dit selfsugtig maar ek gee nie meer regtig om nie



Credits
Writer(s): Kobus Erasmus
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link