Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo

Daar's Cowboy Koekemoer
Van die Klein-Karoo
Dis Cowboy Koekemoer
Van die Klein-Karoo

Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo
En sy getroue kameelperd, Shorty
Kom aangery daar doer in die verte
Op een van hul vreemde avonture

As gevaar Koekemoer in die gesig staar
Is hy die kalmste cowboy
In die hele Karoo
Hy klap sy sweep van buffelsleer
Om die skurke op die vlug
Voor te keer

Daar's Cowboy Koekemoer
Van die Klein-Karoo
Dis Cowboy Koekemoer
Van die Klein-Karoo

Hoog bo op ou Shorty se rug
Sit Koekemoer in sy saal
Waaksaam op die uitkyk
Vir skurke op soek na moeilikheid

As gevaar Koekemoer in die gesig staar
Is hy die kalmste cowboy
In die hele Karoo
Hy klap sy sweep van buffelsleer
Om die skurke op die vlug
Voor te keer

Daar's Cowboy Koekemoer
Van die Klein-Karoo
Dis Cowboy Koekemoer
Van die Klein-Karoo



Credits
Writer(s): Hen Ry Ferreira
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link