Skiewie is 'n groot probleem

Die afskuwelike Skiewie
Die sluwe Karoo-rower
Se vingers juk-juk-juk
Hy's op soek na iets om te steel

Skiewie is 'n skelm
Skiewie is 'n skobbejak
Skiewie is 'n groot probleem

Skiewie is 'n booswig
Skiewie is 'n skande
Ou Skiewie is 'n groot probleem

Skiewie se boots is rooi
En sy tande is geel
Sy asem stink verskriklik
Want daar's 'n padda in sy keel

Skiewie is 'n skelm
Skiewie is 'n skobbejak
Skiewie is 'n groot probleem

Skiewie is 'n flipflop
Skiewie is 'n malkop
Ou Skiewie is 'n groot probleem

'n Mens maak nie so nie
Jy sal jou oë nie glo nie
Hier kom ou Skiewie
In 'n rookwolk aangejaag
Op 'n pienk bromponie

Skiewie is 'n skelm
Skiewie is 'n skobbejak
Skiewie is 'n groot probleem

Skiewie is 'n flipflop
Skiewie is 'n malkop
Ou Skiewie is 'n groot probleem



Credits
Writer(s): Henry Ferreira
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link