Soos Die Reën

Soos die kleine kindjies in die modder speel
So is die kinder jare
Soos die ou mens praatjies jou verveel
So is die ouer garde

Soos die kampvuur liedjies op 'n koue aand
So is die Wintermaande
Soos die wind wat pla as ek jou kom vra
So kom die wolke nader

Soos die reën wat val saam die oggend dou
Soos die seën wat val hier om jou
As die druppels val net hier op jou wang
Is genade dan net soos die reën

Soos die bene brand na 'n opdraand pad
So is die verlange
Soos die uitdagings van 'n nuwe stad
So is die leë gange

Soos die uitsig daar oor 'n mooi vallei
Soos iemand die ja woord kry
Soos 'n glimlag hier tussen jou en my
So kom die wolke nader

Soos die reën wat val saam die oggend dou
Soos die seën wat val hier om jou
As die druppels val net hier op jou wang
Is genade dan net soos die reën

Soos die reën wat val saam die oggend dou
Soos die seën wat val hier om jou
As die druppels val net hier op jou wang
Is genade dan net soos die reën



Credits
Writer(s): Tertius Van Rooyen
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link