Illusie Revolusie

Sal hibriede dan nog werk
As die rot reis dalk sou terugkeer
Of sal hulle weer vergeet
Van wat ons hier geleer het
Of was dit als net verniet

'n Illusie revolusie
Of was daar vooruitgaan
'n Leuen evolusie

Sal ons ooit dan kan terug gaan
Na die lokval wat steeds gif dra
Is dit wel die moeite werd
Of is ons blind vir die waarheid
Gaan lê die stof oor my graf

'n Illusie revolusie
Of was daar vooruitgaan
'n Leuen evolusie
Ag Here die grond gee mee
As die wereld in vlamme val
Sal ons weer kan opstaan
As die wereld in vlamme val
Sal ons weer kan opstaan

'n Hoop in die nag
'n Droom in die dag
'n Verskietende ster
Of dra jy dalk swaarder
'n Sak om te pak
'n Koevert in die hand
Ek is gatvol my maat
Maar eks lief vir my land

As die oorlog begin
En ons vuiste weer bulder
En ons mure afbreek
Is ons harte steeds donker
As ek droom oor die hoop
Wat more sal kom
Kan ek bid vir 'n toekoms
Wat met vryheid kan toor

'n Sak om te pak
'n Koevert in die hand
Ek is gatvol my maat
Maar eks lief vir my land
Want eks lief vir my land

'n Illusie revolusie
Of was daar vooruitgaan
'n Leuen evolusie
Ag Here die grond gee mee
As die wereld in vlamme val
Sal ons weer kan opstaan
As die wereld in vlamme val
Sal ons weer kan opstaan



Credits
Writer(s): Tertius Van Rooyen
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link