Weer Te Veel Gesê

(Ooh)
(Ooh)

Ek word vanoggend wakker met jou reuk wat aan my kleef
Hoe kan ek dit verander, of sal ek net bly wonder
Dit voel of ek te styf vashou aan dit wat ek al jare lank beleef
Het ek reeds te veel gesê of is dit net ware woorde

As ek weer gaan dink aan die tye wat ons net
By die straat af stap en ek my kans gekos het
Om net te voel hoe dit is om een te wees
Met die vrees wat nog altyd aan my kleef
Maar jy't verander en jy't verbeter
En nou staan ek agter die man wat ek net nog nooit kon wees nie
As dit is wat jy wil hê
Het ek weer te veel gesê

Die kombers wat in my kar lê is vir jou daar gesit
Ek weet dit maak nie saak nie
Dis net my vertroosting
Wat as al my geheime ons vir ewig weer kan heel maak
Is die idee van jou te groot of is dit net ware liefde

Ooh
Het ek weer te veel gesê

As ek weer gaan dink aan die tye wat ons net
By die straat af stap en ek my kans gekos het
Om net te voel hoe dit is om een te wees
Met die vrees wat nog altyd aan my kleef
Maar jy't verander en jy't verbeter
En nou staan ek agter die man wat ek net nog nooit kon wees nie
As dit is wat jy wil hê
Het ek weer te veel gesê

Het ek weer te veel gesê
Het ek weer te veel gesê
Het ek weer te veel gesê



Credits
Writer(s): Magiel Nel
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link