Slaap

Het jy geweet
Hoeveel stof daar in ons laaie lê
Het jy gesien
Hoeveel mense in ons strate rond loop
Ek krap in die kaste rond
Opsoek na wat ons gemis het
Wat ons gesê het

As ons dalk net meer gevoel het
Net meer gedink het
Oor hoe ons geleef het
Hoe ons vergeet het
Van hoe ons gesing het
Toe ons nog verneem het
Dat vrede 'n gegewe was

Kom huis toe lief
Kom huis toe lief
Kom huis toe asseblief
Kom huis toe
Sodat ons net weer kan praat

Kom huis toe lief
Kom huis toe lief
Kom huis toe asseblief
Kom huis toe
Sodat ek net weer kan slaap

Het jy geweet
Hoeveel trane ek in die donker af vee
Het jy gesien
Dat jou pa by jou begrafnis was
Ek krap in die kaste rond
Opsoek na wat ons gemis het
Wat ons gesê het

As ons dalk net meer gevoel het
Net meer gedink het
Oor hoe ons geleef het
Hoe ons vergeet het
Van hoe ons gesing het
Toe ons nog verneem het
Dat liefde 'n gegewe was

Kom huis toe lief
Kom huis toe lief
Kom huis toe asseblief
Kom huis toe
Sodat ons net weer kan praat

Kom huis toe lief
Kom huis toe lief
Kom huis toe asseblief
Kom huis toe
Sodat ek net weer kan slaap

Altyd gedink het
Altyd gepraat het
Altyd gesing het
Altyd gedans het
Altyd gevoel het
Toe ons nog verneem het
Dat lewe 'n gegewe was

Kom huis toe lief
Kom huis toe lief
Kom huis toe asseblief
Kom huis toe
Sodat ek net weer kan slaap
Net weer kan slaap

Kom huis toe lief
Kom huis toe lief
Kom huis toe asseblief
Kom huis toe
Sodat ons net weer kan praat

Kom huis toe lief
Kom huis toe lief
Kom huis toe asseblief
Kom huis toe
Sodat ek net weer kan slaap



Credits
Writer(s): Magiel Nel
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link