Jou Tuin

Ek kom om bessies te pluk
Direk uit jou tuin
Ek kom om seergoed uit te ruk
Jou niksvoel bloot skyn
Ek kom om die rankers te snoei
Wat uit jou oë groei
Maar jy maak jou hart-hekkie toe
Terwyl my hart bloei

Ek kom om water te skep
Dig uit jou stroom
Sonder om 'n woord te rep
Jou na-nag stilte loom
Ek kom om iets terug te ploeg
'n seisoen of wat te vroeg
Maar jy sluit jou siel-vensters dig
Verskuil buite sig

Dis kreupelbos, koeniebos
En klossiegras
Ek wil rus in jou koelte
In jou hart se holte pas
Dis vygiebos en vaderswilg
En vaal vaal boom
Ek wil asseblief
In jou tuin kom woon
Ek wil asseblief
In jou tuin kom woon

Ek kom om bessies te pluk
Direk uit jou tuin
Armsvol steggies geluk
Tot hartseer verdwyn
Ek kom om liefde te saai
Dig en ruig oorvloedig fraai
Maar as ek fyn-fyn luister
Maak dit my dalk wyser

Dis kreupelbos en koeniebos
En klossiegras
Ek wil rus in jou koelte
In jou hart se holte pas
Dis vygiebos en vaderswilg
En die vaal vaal boom
Ek wil asseblief in jou tuin kom woon
Ek wil asseblief in jou tuin kom woon



Credits
Writer(s): Karin Hougaard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link