Per Trein

Ek klim op die trein na Amsterdam
My hart oorvol – my hersens tam
Maar ek's nader aan jou
Nader aan jou

Ek klim op die trein na Bucharest
My koffers leeg – oos, wes tuis is bes
Maar ek's nader aan jou
Nader aan jou – nader aan jou

Draai ek my om en
Draai ek my terug
Is daar jy net maar jy!
En so klim ek op die trein
En klim ek op die trein
En klim ek op die trein
En klim ek op die trein
En klink ek op die trein
En klim ek op die trein
Klim ek
Op die trein

Ek klim ek op die trein
Na Veelverdriet
My hande leeg, my drome tot niet
Maar ek's nader aan jou
Nader aan jou

Dus klim ek op die trein
Na Grootverlang
My woorde op –
Verewig vasgevang
Maar ek's nader aan jou
Nader aan jou –
Hmmm nader aan jou

Draai ek my om en
Draai ek my terug
Is daar jy net maar jy!
En so klim ek op die trein
En klim ek op die trein
En klim ek op die trein
En klim ek op die trein
En klim ek op die trein
En klim ek op die trein
Klim ek
Op die trein

En so klim ek op die trein
'n wegholtrein
My oë nat –
My glimlag skyn
Niks nader aan jou
Niks nader aan jou



Credits
Writer(s): Karin Hougaard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link