Exe

Jy kerf jou x'e uit in nat verf
Verewig so 'n teken dat ek daar was
Op jou werf
Jy kerf jou x'e uit in nat verf
Omraam dit met onthou
Al is dit reeds bederf

En met die volmaan word die ex opnuut weer heel
Gryp die lipstick en verdwyn dansend in die pypsteel
En met die volmaan as die lipstick lank reeds slaap
Lê exe wakker van hier tot in die kaap

Jy kerf jou woede uit in nat verf
Los merke op die doek
Vir haar wat daarna soek
Jy meng jou huil in met die rooi verf
Los rowwe hale in my hart tot reg teenaan die nerf

En met die volmaan word die ex opnuut weer heel
Gryp die lipstick en verdwyn dansend in die pypsteel
En met die volmaan as die lipstick lank reeds slaap
Lê exe wakker van hier tot in die kaap

Maar daars 'n vlieg innie salf
'n vlieg innie salf
Ek weet nie van jou
Maar my uithou lê op half

Jy kerf jou x'e uit in nat verf
Verewig so 'n teken dat ek daar was
Op jou werf
Jy kerf jou x'e uit in nat verf
Omraam dit met onthou
Al is dit reeds bederf



Credits
Writer(s): Karin Hougaard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link