Ek Mis Jou Hierdie Keer Akoesties - Live in Studio

My vriende skaterlag
In die eindelose nagte
Se verdwaal
As ek deur my arms val
Dan sien ek jou in my kop
Spot my maar ek glimlag ook
Maar nou's ek seer
Want ek mis jou hierdie keer

Met jou swart rokkie aan
Loop jy so klein bietjie skaam
Asof ek snaaks vir jou gekyk het
Dan sê jy my naam
Dan lag ek weer
Want ek mis jou hierdie keer

Ek's op soek na betekenis
Daar's iets wat ek vermis
Ek weet dis jy... maar
My hart wil dit vermy
En as ek vloek en net skaamteloos na jou kant toe val
Dan staar die hele wêreld... en dink ek is mal
Ek's verrinneweer
Want ek mis jou hierdie keer

My vriende skaterlag
En ek wens ek kon net saggies
Vir jou sê
My hart wil jou hê
Jy dink ek's gek in my kop
Hartseer maar ek glimlag ook
Buite beheer
Want ek mis jou hierdie keer

Ek's op soek na betekenis
Daar's iets wat ek vermis
Ek weet dis jy... maar
My hart wil dit vermy
En as ek vloek en net skaamteloos na jou kant toe val
Dan staar die hele wêreld... en dink ek is mal
Ek's verrinneweer
Want ek mis jou hierdie keer

Ek mis jou... hierdie keer is ek verlore
Ek volg jou in jou spore
Maar dis alles uitgevee
Daar's niks wat ek kan gee
Om jou terug te wen nie
Daar's niks wat ek kan sê nie
Want ek mis jou hierdie keer

Ek's op soek na betekenis
Daar's iets wat ek vermis
Ek weet dis jy... maar
My hart wil dit vermy
En as ek vloek en net skaamteloos na jou kant toe val
Dan staar die hele wêreld... en dink ek is mal
Ek's verrinneweer
Want ek mis jou hierdie keer

Ek's op soek na betekenis
Daar's iets wat ek vermis
Ek weet dis jy... maar
My hart wil dit vermy
En as ek vloek en net skaamteloos na jou kant toe val
Dan staar die hele wêreld... en dink ek is mal
Ek's verrinneweer
Want ek mis jou hierdie keer



Credits
Writer(s): Darren Oates
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link