Mal - Live in Studio

As ek jou ooit weer sien
Het daai man, kind en huis jou ooit verdien
As ek op my eie staan
En ek wens die wêreld wil vergaan

En sou jy langs my lê
As ek nog net iets kon sê
Maar nou is ek alleen, ek wens jy wil vergaan
Sal jy dit ooit kan verstaan

Dit maak my, mal
Dit maak my, mal
Dit maak my, mal
Dit maak my, mal

Ek weet dis nou te laat daar's niks wat ons kan doen nie
Maar daar's nie vuur in jou hart as jy hom soen nie
Praat ek nou buite my plek
Ek weet nie
Is wat ek sê reg
Want ek's mos

Mal
Ja ek's mos, mal
Ja ek's mos, mal
Ja ek's mos, mal

Wat lyk jy so vervreemd
Onthou jy die reuk in die lug en ek dog jy is die een
Was ek weg vir lank... ek weet nie
Dit voel vir my soos skande

En sou jy langs my lê
As ek nog net iets kon sê
Maar nou is ek alleen, ek wens jy wil vergaan
Sal jy dit ooit kan verstaan

Dit maak my, mal
Dit maak my, mal

Ek weet dis nou te laat daar's niks wat ons kan doen nie
Maar daar's nie vuur in jou hart as jy hom soen nie
Praat ek nou buite my plek
Ek weet nie
Is wat ek sê reg
Want ek's mos

Mal
Ja ek's mos, mal
Ja ek's mos, mal
Ja ek's mos, mal

Ek luister as jy praat
Al voel dit nou te laat
Ek dog jy sê jy's myne
Maar lyk my nou jy's syne

Luister as ek praat
Of is dit nou te laat
Help dit nie wat ek sê nie
As jy my nie wil hê nie

Want ek's mos
Mal, ek weet nie
Mal, ek weet nie
Mal, ek weet nie
Mal
Want ek's mos mal



Credits
Writer(s): Darren Oates
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link