Plaaspop

Ek het grootgeword in Bloemfontein
En 'n plaaspad praat met my
Maar daar's min wat my so onder kry
Soos 'n boere-girl aan my sy

Al is ek wild
Dis nie my skuld
Ek's soos 'n Vrystaat son wat opkom

Ek hardloop weg
Ek's dalk 'n bietjie erg

Maar ek werk my pa se lande
Lees my Bybel in die aande
Ek rol saam die ramme in die dorp
Maar ek weet daar is iets wat kort

Ek weet nie waar sy is nie
Ek wil haar net nie mis nie
Want dis net sy wat my hart laat klop
Ja dis net sy wat my hart stop
My plaaspop
My plaaspop

Trek toe weg op die N1 lyn
Oor 'n grondpad tot ek haar kry
Toe 'n engel voor my verskyn
Witter as die witste wyn

Sy gee my hoendervleis
Oral op my lyf
Ek kan boeke skryf
Oor hoe sy my verlei

Maar ek werk my pa se lande
Lees my Bybel in die aande
Ek rol saam die ramme in die dorp
Maar ek weet daar is iets wat kort

Ek weet nie waar sy is nie
Ek wil haar net nie mis nie
Want dis net sy wat my hart laat klop
Ja dis net sy wat my hart stop
My plaaspop
My plaaspop

Kom ons raak weg
Want saam met jou voel alles reg
Sonder jou is alles sleg
Kom ons jaag die son tot op die berg

Ek wil verstaan
Wat binne in jou hart aangaan
So vat my hand dat ek jou lei daar waar jy wil gaan

Maar ek werk my pa se lande
Lees my Bybel in die aande
Ek rol saam die ramme in die dorp
Maar ek weet daar is iets wat kort

Ek weet nie waar sy is nie
Ek wil haar net nie mis nie
Want dis net sy wat my hart laat klop
Ja dis net sy wat my hart stop
My plaaspop
My plaaspop
My plaaspop



Credits
Writer(s): Brendan Peyper
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link