Lentelyf

Ek onthou nog 'n koue somersaand
Toe ons opkyk en staar na die maan
In September
Toe kom die lente

Jy lyk altyd mooi met daai rooi rok aan
Maar jy het my mooi laat verstaan wat aangaan
En jy soek 'n trouman

Is ons klaar of is ons amper daar
Ek wil jou vra maar ek wil jou laat verstaan

Ek weet alankal ek weet al lankal wat ek soek
Jy's die perfekte perfekte einde van hierdie boek
Ek weet ek kan nie ek weet ek mag nie maar ek moet jou kry
Jy's die een vir my
My lentelyf

Die winter was al langer en nou stap jy deur die gange van my hart
Net omdat jy mag
Dis die middel van November maand
En ek wag nog vir die regte aand om jou myne te maak

Is ons klaar of is ons amper daar
Ek wil jou vra maar ek wil jou laat verstaan

Ek weet alankal ek weet al lankal wat ek soek
Jy's die perfekte perfekte einde van hierdie boek
Ek weet ek kan nie ek weet ek mag nie maar ek moet jou kry
Jy's die een vir my
My lentelyf

Soos ek ouer word
Besef ek dis net jy wat kort
Ek vra vir jou in my gebede
Dat jy bly in my lewe
Soos ek ouer word
Besef ek dis net jy wat kort

Ek weet alankal ek weet al lankal wat ek soek
Jy's die perfekte perfekte einde van hierdie boek
Ek weet ek kan nie ek weet ek mag nie maar ek moet jou kry
Jy's die een vir my
Ek weet alankal ek weet al lankal wat ek soek
Jy's die perfekte perfekte einde van hierdie boek
Ek weet ek kan nie ek weet ek mag nie maar ek moet jou kry
Jy's die een vir my

My lentelyf
My lentelyf



Credits
Writer(s): Brendan Peyper
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link