Alweer

Alweer 'n nuwe blaadjie omslaan
Alweer 'n skoon begin
Alweer 'n omslag
Sonder woorde binne-in

Alweer 'n poging –
'n weer probeer alweer
Alweer paragrawe
Van niks-sê niks-om-te-sê –nie
Wat stil onder my penpunt lê

En dan die eerste poging – die eerste merk
Onherroeplik op papier ingekerk

Alweer 'n leë bladsy
Alweer 'n nuwe boek
Alweer 'n skriba wat hoop
Daar's oneindig blaaie
Wat na woorde soek



Credits
Writer(s): Karin Hougaard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link