Dan En Wan

So elke dan en wan
Kom iemand oor jou pad en dan
Word tyd heel relatief
Word lief dalk weer verlief

So elke dan en wan
Kom iemand oor jou pad en dan
Word gedagtes gedeel
Want woorde is te veel

Elke oomblik saam met jou
Is daar so veel om te onthou
Word 'n nee 'n miskien
Word wat gesien is weer ontsien
In elke oogwink saam met jou
Is daar net hier en nou
Word als irrelevant
Hou jy my hart in jou hand
So dan en wan

Kom iemand oor jou pad en dan
Sal seisoene kom en gaan
Maar die passie sal bly staan

So elke dan en wan
Kom iemand oor jou pad en dan
Gaan die lyflikheid verby
Is dit net die omgee wat bly

In elke oomblik saam met jou
Is daar so veel om te onthou
Word 'n nee 'n miskien
Word wat gesien is weer ontsien
In elke oogwink saam met jou
Is daar net hier en nou
Word als irrelevant
Hou jy my hart in jou hand

So dan en wan

Sou ek die tyd kon laat stilstaan
Sal ek dan ten volle verstaan
Hoe ek voel
Wat ek voel

Elke oomblik saam met jou
Het so veel om te onthou
Word 'n nee 'n miskien
Word wat gesien is weer ontsien
In elke oogwink saam met jou
Is daar net hier en nou
Word als irrelevant
Hou jy my hart in jou hand
So dan en wan



Credits
Writer(s): Karin Hougaard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link