Kleure Van My Hart

Om die wêreld mooi te kleur
Hou ek aan probeer
Om woorde aanmekaar te string

Om die wêreld mooi te kleur
Probeer ek weer en weer
Om liefde los te sing

Want die kleure van my hart
Is kleur op kleur saam maar tog apart
Want die kleure een vir een
Vorm 'n reënboog na die reën

Om die wêreld mooi te kleur
Vat dit soms niks meer
As 'n gedagte – 'n gevoel

Om die wêreld mooi te kleur
Kan dit soms gebeur
Dat my omgee
Te veel voel bring

Want die kleure van my hart
Is kleur op kleur saam maar tog apart
Want die kleure een vir een
Vorm 'n reënboog na die reën



Credits
Writer(s): Karin Hougaard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link