Donker Liefde

Op 'n Vrydag in die somer
Het ek jou ontmoet
Jou glimlag was innemend
Jy't my met die hand gegroet
Ons het lank gesit en praat
Oor die lewe en nog wat
Jy was eerlik en so openlik
My hart het vlam gevat

'n Dag of vyftien later
Het jy my gebel
Oorstelp en uit die veld geslaan
Wou ek jou vertel
Hoe jou stem my knieë lam maak
Hoe jou woorde my bekoor
Onwetend hoe jou stilte
My eendag sou deurboor

Jy's my donker liefde
'n Vlam wat somber skyn
Jy's my donker liefde
Kyk hoe my lig verdwyn

Jou liefde was my dwelm
Ek was heeltemal verslaaf
Aan jou woorde, aan jou dade
Aan jou hartklop as jy slaap
Ons passie was al dringender
Net soos 'n stoeigeveg
En eendag het jy stil geword
Eendag was jy weg

Jy's my donker liefde
'n Vlam wat somber skyn
Jy's my donker liefde
Kyk hoe my lig verdwyn

Nou sien ek jou gesig
In 'n vreemde se gelaat
Ek dag ek hoor jou stem
Dis net my bure wat daar praat
Ek was al op 'n "date"
Die aandjie was maar flou
Jy is onvervangbaar
Ek dink heeltyd aan jou

Jy's my donker liefde
'n Vlam wat somber skyn
Jy's my donker liefde
Kyk hoe my lig verdwyn

Jy's my donker liefde
'n Vlam wat somber skyn
Jy's my donker liefde
Kyk hoe my lig verdwyn
My lig verdwyn
Kyk hoe my lig verdwyn
My lig verdwyn
Kyk hoe my lig verdwyn
My lig verdwyn
Kyk hoe my lig verdwyn
My lig verdwyn



Credits
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link