Speletjie

Vroeg-oggend lig spoel in by my deur
Ek dink dadelik aan jou
Sal ek jou bel of 'n email stuur?
Ek Whatsapp jou maar gou

Spring deur die stort en spring aan die werk
En kyk vir 'n reply
My telefoon is stil soos die graf
En angs wag om die draai

Die liefde is 'n speletjie
Ek gooi die bal vir jou
En wanneer die bal nie terugkom nie
Is die speletjie maar flou

Die dag gaan sy gang, soveel om te doen
Jou stilte kou en knaag
Is jy te besig? Dink jy aan my?
My goeie bui vervaag

Wanneer die son sak is ek 'n wrak
My selfbeeld op die vloer
Ek eindig op soos 'n zombie
Wat net vir 'n selfoon loer

Die liefde is 'n speletjie
Ek gooi die bal vir jou
En wanneer die bal nie terugkom nie
Is die speletjie maar flou

Die liefde is 'n speletjie
Ek gooi die bal vir jou
En wanneer die bal nie terugkom nie
Is die speletjie maar flou

Elfuur die nag is ek desperaat
Om te drink van jou fontein
Ek skakel my foon aan, soek jou op
En sien jy is aanlyn

My hart in my keel, my palms nat
Sit ek die foon maar af
Jy't dalk 'n ander liefde gevind
My hart roer in sy graf



Credits
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link