Boegoebos

Ek soek jou as my oë oopgaan
En struikel voor die donkermaan
Leë skadus waar jy gister nog
Die wolke weggeblaas het
My voete mis jou koue vloer
Die lang gras by die pad
Die witgekalkte mure
Soos 'n baken vir my hart

Bring vir my 'n boegoebos
Met jou hande vol kaneel
Die stilte raas te veel
Ek wil weer hoor hoe waai die wind
Bring vir my 'n boegoebos
En arms vol kambro
My hart wil sweef daar bo
Terwyl jy sing

Die sterre was ons dons kombers
Waarmee ons aanmekaar was
Die jakkals het geroep
En ons laat fluister voor die maan
Die swaeltjies wat in klowe speel
Die Heide in ons hare
Jou blou oë het my vals laat glo
My bloed loop deur jou are

Bring vir my 'n boegoebos
Met jou hande vol kaneel
Die stilte raas te veel
Ek wil weer hoor hoe waai die wind
Bring vir my 'n boegoebos
En arms vol kambro
My hart wil sweef daar bo
Terwyl jy sing

Terwyl jy sing leer ek vlieg
Terwyl jy sing groei my vlerke
Terwyl jy sing leer ek skryf
Woorde wat bloei uit my lyf

Bring vir my 'n boegoebos
Met jou hande vol kaneel
Die stilte raas te veel
Ek wil weer hoor hoe waai die wind
Bring vir my 'n boegoebos
En arms vol kambro
My hart wil sweef daar bo
Terwyl jy sing



Credits
Writer(s): Marica Barnard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link