Die Sesde Dag Se Eerste Beweging

Met ʼn Omo advertensie op die stasie se brug
Verwelkom my tuisdorp my terug
Ek soek bekende gesigte op die perron
Maar dis net laatnag se lywe net oggend se son
My Liena my Liena

Hierdie strate van ons het ek lank terug geloop
Hier en daar lê ʼn memory gesloop
Daar is winkels wat moes sterf vir ʼn ander se droom
By die bicycle shop word nou rokke gesoom
My Liena my Liena

Vars vis, lieg ʼn plakkaat by die kafee
Dié is mynhoop se wêreld ons is ver van die see
Ek settle vir Pecks se anchovies op toast
My waitress bring koffie she is a beautiful hostess
Liena my Liena

Haar lyf nog vol lente dit kan by mens spook
Sy vra of ek sal omgee om buite te rook
Beëindig die verhouding met papiertjie en lint
Gratuity in ruil vir een peppermint
My Liena my Liena

Stop vir ʼn haircut op die pavement
Die barber vra hoe gaan dit ek sê, Voor die wind
Short back and sides en hou maar die top
He says, No my brother, then you look like a mop
My Liena my Liena

Knip-knip in pare die skêr se lem
Hy sê dat Orlando die sokker gaan wen
Sy radio skree luidkeels ek luister maar saam
Tap selfs my voet al ken ek van skaam
My Liena my Liena

My Liena my Liena
My Liena my Liena
My Liena my Liena
My Liena my Liena
My Liena my Liena
My Liena my Liena
Jy sluimer nog seker sesde dag het begin



Credits
Writer(s): Drikus Barnard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link