Roer

Henne wat kekkel om ʼn tafel kloek kloek
Opgeblaasde plastiek om elke koek
Party is meesters met vetkoek en mince
Als gemaak met liefde die kerk vat die wins

Ek sê roer die suiker en kaneel
Die deeg staan styf in die plat pan
Koop koffie kerrie en 'n rys
Daar's vars pastei vol wille vleis

Die Consol jar versmoor die vrug
Om vir altyd saam met stroop te rus
Ek wens ons was ook ingelê
Gee nie om wat jou mamma daarvan sê

Wanneer laas was daar souskluitjies in jou kombuis
Wanneer laas het jou oond gevoel hoe brood kan rys
Sit neer die Rooi Rose lees Kook en Geniet
Two minute noodles is pure verdriet

Hul staan by die vendusie elke kerk kry hul beurt
Behalwe die Boeddhiste niemand wil daai kak eet
Die NG Hervormd Pinkster AGS
Die Volle Evangelie I forget the rest

Maar roer die eiers en die spek
Die vetjies kan so lekker trek
Die oliebol is mooi gevleg
Die man se maag die middelweg

Sagte brood met harde kors
Sousie op jou boerewors
Klapperballe moskonfyt
Waatlemoen om aan te byt

Wanneer laas het ek vir jou resep gewys
Wanneer laas het ons saam gebak in jou kombuis
Bring die potte panne nou toe laat ons kook
Ek kry die kaste oop na ʼn moerse gespook

Wie presies maak deesdae ouma se beskuit
Ek weet sy is lankal landuit met ʼn moerse profyt
Maar hier glo ons nog altyd in kwaliteit
Hier vat ons nie shortcuts oor niks is ons spyt

Ek sê roer die suiker en kaneel
Die deeg staan styf in die plat pan
Koop koffie kerrie en 'n rys
Die Consol jar versmoor die vrug
Om vir altyd saam met stroop te rus
Ek wens ons was ook ingelê
Gee nie om wat jou mamma daarvan sê

Wanneer laas was daar souskluitjies in jou kombuis
Wanneer laas het jou oond gevoel hoe brood kan rys
Sit neer die Rooi Rose lees Kook en Geniet
Two minute noodles is pure verdriet



Credits
Writer(s): Drikus Barnard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link