Getrou Aan Die Wit Baksteengebou

Op die hotel se stoep sal jy niemand hoor roep vir ʼn ronde
Waar 'n Fox terriër lank terug geslaap het lê nou net 'n been
Die stoele is leeg die tafels word nie meer gedek nie
Daar is niemand verdiep in 'n gesellige gesprek nie

In die voorportaal sukkel 'n TV-verhaal met reception
Daar's iets fout met die kabel se male en female connection
Hartseer kuns op die muur but its hardly worth a mention
Die klerk het nie werk nie the hours they feel like detention

Sy lees maar boeke van Mills en boeke van Boons sy is romanties
Studeer deur Unisa en droom van 'n visa na elders
Sy't 'n chocolate en 'n ruiker in ruil vir 'n spyker reputasie
Deesdae almal se vloerlap 'n groot grap vir monde wat fluister

Ek groet haar ordentlik weet nie of sy my onthou nie
There once was a time when I wished she was mine maar dit is lank terug
Op die kroeg sit ou Sarel waar ek hom sewe jaar terug gelos het
Op die plek waar ons sorge met shooters by die dosyn gepos het

Hy sê hoe gaan dit ou maat daar is niks om te baat as mens kla nie
Dis sy vroeë pension van die myn wat stadig verdwyn oor die counter
In die huwelik getree maar sy gat afgevee aan beloftes
Ja net twee jaar gehou voor dit alles moes vou in 'n streekshof

Nou sit hy maar hier sy breakfast is bier en sy lunch ook
Hy sê almal is weg ja die dinge lyk sleg vir die hotel
By die water by die mall sit hul plekke propvol op 'n Saterdag
Sarel bly maar getrou aan die wit baksteengebou hoe dan anders

Die kamers is vol maar die spoke betaal nie hul rent nie
Die einde wat wag is nie mooi soos 'n Hollywood prent nie
Die drive-in is dood slush puppy is SPCA toe
Hy sê nou toe laat ons loop by die off-sales koop ons 'n bottel

En die bome staan paraat die denne se granaat lê die straat vol
Hy sê hy't charcoal en 'n grid en 'n flatty om te split ons kan saam braai
En op sy balkon lyk die middag nou net te helder



Credits
Writer(s): Drikus Barnard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link