Hou My Vas

Hoe maak mens die deur van jou hart oop as die sleutels weg gegooi is
Kan ek myself maar weer deur hierdie fout iets laat leer
Omgedop en afgebreek daai suur swart lem in my hart gesteek
Kan ons net aangaan en van als vergeet
Hou my vas voor ek verder val
Dit is nie so seer tot dit weer gebeur nie
Hou my vas vir 'n laaste keer
Want dit maak so seer om nie saam met jou te wees nie
Keer my liewer voor ek verder gaan en dalk net weer 'n fout begaan
Ek's net nie lus vir hierdie wentelbaan
Jy weet jy was die ware een daai mooi swart hart vir my geleen
Ja dit was pret maar toe draai jy uit 'n ware slet
Hou my vas voor ek verder val
Dit is nie so seer tot dit weer gebeur nie
Hou my vas vir 'n laaste keer
Want dit maak so seer om nie saam met jou te wees nie
Hoe beskryf mens hierdie pyn van iemand wat net so verdwyn
Sonder antwoorde op al jou vrae
Daar is niks so seer soos iets wat weer gebeur
Hoe sal ek leer uit hierdie seer...
Hou my vas voor ek verder val
Dit is nie so seer tot dit weer gebeur nie
Hou my vas vir 'n laaste keer
Want dit maak so seer, om nie saam met jou te wees nie...
Jou te wees nie...
Om nie saam met jou te wees nie



Credits
Writer(s): William Jonker
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link