Deurmekaarste Mens

Ontwrig my as jy dink dit sal jou help
Om iets op te maak om 'n storie te vertel
Verwurg my om die waarheid terug te hou
En almal te laat weet dat hul jou nie kan vertrou
Want jy loop mos rond met daai ongesonde kop van jou
Jy kan nie eers jouself gelukkig hou

Nooit gelukkig wees nie Is dalk wat jy verdien
Ek hoop dat al die ander dit ook so sal sien
Nooit gelukkig wees nie Is wat ek vir jou toewens
Van almal wat ek ken is jy die Deurmekaarste Mens
Die Deurmekaarste Mens

Verneuk my, soos wat jy nog altyd doen
Verdraai dan die waarheid om my te kan soen
Besmeer my, met die leuens wat jy versprei
Sodat ek daaronder lei
Maar nie vandag nie
Want jy loop mos rond met daai ongesonde kop van jou
Jy kan nie eers jouself gelukkig hou

Nooit gelukkig wees nie Is dalk wat jy verdien
Ek hoop dat al die ander dit ook so sal sien
Nooit gelukkig wees nie Is wat ek vir jou toewens
Van almal wat ek ken is jy die Deurmekaarste Mens
Die Deurmekaarste Mens

Nooit gelukkig wees nie Is dalk wat jy verdien
Ek hoop dat al die ander dit ook so sal sien
Nooit gelukkig wees nie Is wat ek vir jou toewens
Van almal wat ek ken is jy die Deurmekaarste Mens
Die Deurmekaarste Mens
Die Deurmekaarste Mens



Credits
Writer(s): William Jonker
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link