Ek Is Nie Meer Vir Jou Kwaad

Gelukkig is ek altyd ongelukkig
Van die goed wat ek doen is onwettig
Gelukkig gee jy nie om oor waar ek is nie
Anders sal jou siel net nooit kan rus nie
Waarom dink jy wag ek hier vir jou
Nee jy dink verkeerd ek wil nie met jou trou nie
Die laaste keer wat jy my hier gesien het
Was daai tyd wat ek en jy so baklei het

Vergewe my as dit my skuld was belowe my jy sal jouself oppas
Tot die dag wat ek jou weer sien
Vergewe my as dit my skuld was belowe my jy sal jouself oppas
Dink an my as jy die sterre sien vanaand
Ek is nie meer vir jou kwaad

Ek weet dit is nog seer vir die twee van ons
Vergeet nou die verlede kom ons werk net aan die toekoms
Ek weet ook ons het altwee beheer verloor
Onthou jy daai dag by die vakansie-oord
Jy't my belowe dat ons altyd saam sal wees
Dit was die woorde wat my hart genees het
'N Maand daarna moes ek toe mos wegtrek
En dis in daai tyd wat ek en jy so baklei het

Vergewe my as dit my skuld was belowe my jy sal jouself oppas
Tot die dag wat ek jou weer sien
Vergewe my as dit my skuld was belowe my jy sal jouself oppas
Dink aan my as jy die sterre sien vanaand
Ek is nie meer vir jou kwaad

Vergewe my as dit my skuld was belowe my jy sal jouself oppas
Tot die dag wat ek jou weer sien
Vergewe my as dit my skuld was belowe my jy sal jouself oppas
Dink aan my as jy die sterre sien vanaand
Ek is nie meer vir jou kwaad



Credits
Writer(s): William Jonker
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link