Jy Pas Net Nie

Lyk dit vir jou of ek saam wil speel
Jy speel die hoofrol in die toneel
Maak net die tou los hier om my keel
Jy's al lankal besig om my... my dood te verveel
Ek's op my tuisgrond maar ek verloor die spel
As jy saam my is dan kruwel my vel
Ek maak of ek moeg is om weg te kom
Kry jy nie die idee nie of hou jy jouself dom
Die geïrriteerdheid in my was al die tyd jy
Ek wens hierdie nagmerrie wil einde kry
Jy't net geen plek op hierdie legkaart nie
Jy moet verstaan jy pas net nie in my lewe nie
Jy's op elke voorblad van my hart se koerant
Ek't jou al lankal daaruit gebrand
In die begin was jy my engeltjie
Maar nou is jy 'n opgevrommelde dowwe prentjie
Die geïrriteerdheid in my was al die tyd jy
Ek wens hierdie nagmerrie wil einde kry
Jy't net geen plek op hierdie legkaart nie
Jy moet verstaan jy pas net nie in my lewe nie
Ek wens net jy wil weg bly en 'n ander "hobby" kry
Ek bestel vir jou 'n opblaaspop wat jy kan verlei
Dan sal ek maar 'n wegkruip plek kry
Tot jy eendag die boodskap kry
Bly net weg van my
Die geïrriteerdheid in my was al die tyd jy
Ek wens hierdie nagmerrie wil einde kry
Jy't net geen plek op hierdie legkaart nie
Jy moet verstaan jy pas net nie in my lewe nie
Die geïrriteerdheid in my was al die tyd jy
Ek wens hierdie nagmerrie wil einde kry
Jy't net geen plek op hierdie legkaart nie
Jy moet verstaan jy pas net nie in my lewe nie



Credits
Writer(s): William Jonker
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link