Fontainebleau

Myne-blou, Fontainebleau
Stukkend van die dink aan jou
My vingers oor en oor gaan voel die lyne en die draaie

Myne-blou, Fontainebleau
Die ystergreep wat altyd hou
En merke los van stywer klou die hart se vrye teuels

Los dit nou, Fontainebleau
Die klippies uitgevis uit grou
Wenspoele waar ons saam gestaan en weef het aan 'n skim

Myne-blou, Fontainebleau
Die dag sal kom wat seer-onthou
Sy eelte van my vingers skil dat ek jou kan laat gaan



Credits
Writer(s): Marica Barnard
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link